My Hoërskool loopbaan met my hoë "standards"
HALO JULLE... jammer dat ek so lank awesig was... my gemoed was net nie die laaste ruk so skryf-lus gewees nie, maar I'm back BABY😋😁 So... kom ons gaan aan met die verhaal.🌼 Aan die einde van my eerste kwartaal as 'n graad 9 "vlammie", het my pa se werk hom weer trug verplaas Pretoria toe. Ek was heel gerus en opgewonde met die idee om trug te trek "huis toe" , want ek kan net optel en aangaan met my lewe wat agter gelos was vir 'n baie klein rukkie. Pretoria is my huis, my hele lewe was en is hier... Ons het toe ons trek getrek, en my hart was ook baie seer om my nuwe mense daai kant agter te los ,maar daai mense gaan vir altyd ook deel wees van my lewe en my lewens storie. Hier het ons aangekom en in ons nuwe huis ingetrek. Ek het toe skool gegaan by Hoërskool Waterkloof en so vanaf 'n "vlammie" in 'n "klofie" verander . Dit was ook een helse lekker tyd gewees...🤓Ek het my ou vriendinne weer gesien en dit was ...