My laerskool loopbaan in 'n neutedop

Waar begin ek...wie weet...kom ons begin eenvoudig...Halo daar, my naam is Charlize. Ek is 'n  22 jaarige meisie en 'n nuut gekwalifiseerde Somatoloog. Ek is nog nie lank al op die aarde nie ,maar ek wil my storie met julle deel.Ek wil graag hê julle moet my leerken. Die blog gaan gaan oor allerdaagse goed in my lewe, dinge wat my brein laat dink , my emosies en my beroeps dinge en sommer kos..  hoe vergeet ek amper kos🙈😄

So waaroor praat ons nou weer...  ooh ja my storie🌻.

Ek is nog altyd 'n pliggie kwadraad... ek weet nie hoekom nie , dis seker nie 'n slegte ding nie maar 'n groter pliggie kan jy nie gekry het nie. Ek het by Laerskool Elarduspark skool gegaan vanaf graad een tot graad sewe.  Baie mense het nie van skool gehou nie en moenie my verkeerd kry nie ek was nie een van daai mense nie ... skool was nogaltyd vir my 'n veilige vesting, saam bekende mense, nuwe leerstof en roetine . (Ooh roetine sulke smaakvolle en "sexy" woord vir my.)

Woorde soos "sexy" was nie eers deel van my woordeskat nie...

Ooh okay ek is by Laerskool  in my storie. My dag tot dag was meestal dieselfde, word wakker rond om 4:30  , staan op ,help my ma in die kombuis  deur vir almal koffie en pap voorteberei, terwyl sy vir ons die lekkerste broodjies ooit gemaak het😁( no jokes,  definintief ruil materiaal as jy weet wat ek bedoel😏), almal eet ontbyt, trek aan, my ma kam en maak my hare vas ( dit was altyd 'n groot mission gewees, want ek is onsettend kleinserig gewees en is nogsteeds... maak darm nou al my eie hare vas😄)en vergeet my skoene by die huis want wie het dit nodig gehad...

Ek was altyd vrek vroeg by die skool, het altyd my maaitjies ingewag,  het altyd die vroeë oggend handstands en touchhers gelove...

Kêrels het ek niks van geweet in die tyd nie en was altyd net te skaam. Ek het baie crushes gehad in my tyd  soos enige ander tiener meisie... maar een ding wat ek nooit sal vergeet nie is die feit dat ek landloop gejoin het  om net naby my crush daai tyd te kon gewees het... ek dink ek moes mal gewees het ,want ek was nog altyd net gebou vir comfort and not speed... wys jou maar net as jy net verlief was daai tyd wat mens sal doen en hoe mens voel... kan jy net imagine  hoe ek nou voel op die huidiglike oomblik met die kêrel van my drome... vir wie ek  onbeskryflik baie lief is♥️😍( ek sal julle ons storie later vertel😁.)

So tussen die roetine en al  die crushes deur was ek in ons skool se naskool gewees.  Daar het ek en my vriendin meerderheid saam my broer en sy vriende gespeel, van sokker tot handjietennis tot rugby en krieket, en op reënerige dae het ons scary stories vertel in een van die klaskamers vir mekaar met die lig af en met slegs ons fone se liggies wat op ons gesigte geskyn het en het ook huise gebou met kaarte. Dit was vir my baie lekker gewees...

Ek het my hele laerskool loopbaan deur netbal gespeel dit het ek ook vreeslik baie geniet... my posiesies was altyd doel en verdediger gewees( te danke aan my lengte🌼)

Hier  aan einde van my  laerskool loopbaan was dit net nie vir my so 'n goeie tyd nie....


Dankie dat jy al tot hier gelees het, ek hoop jy geniet dit nog  tot dusver, ek sal môre aangaan met my storie... sien julle dan👀🌻

Popular posts from this blog

My Hoërskool loopbaan met my hoë "standards"

Swaar dra vir 'n tydjie, maar nie vir altyd nie