My Hoërskool loopbaan met my hoë "standards"
HALO JULLE... jammer dat ek so lank awesig was... my gemoed was net nie die laaste ruk so skryf-lus gewees nie, maar I'm back BABY😋😁
So... kom ons gaan aan met die verhaal.🌼
Aan die einde van my eerste kwartaal as 'n graad 9 "vlammie", het my pa se werk hom weer trug verplaas Pretoria toe. Ek was heel gerus en opgewonde met die idee om trug te trek "huis toe" , want ek kan net optel en aangaan met my lewe wat agter gelos was vir 'n baie klein rukkie. Pretoria is my huis, my hele lewe was en is hier... Ons het toe ons trek getrek, en my hart was ook baie seer om my nuwe mense daai kant agter te los ,maar daai mense gaan vir altyd ook deel wees van my lewe en my lewens storie.
Hier het ons aangekom en in ons nuwe huis ingetrek. Ek het toe skool gegaan by Hoërskool Waterkloof en so vanaf 'n "vlammie" in 'n "klofie" verander . Dit was ook een helse lekker tyd gewees...🤓Ek het my ou vriendinne weer gesien en dit was asof ek nooit weg was nie. Hulle het my so mooi gehelp en my bekend gemaak met die onbekende van Hoërskool Waterkloof, hulle het my ook aan nuwe vriende voorgestel en ek het net dadelik gevoel ek behoort. Ek was reg vir hierdie ding😎. Ek was actually een van die min mense wat van skool gehou het. 😄
Ek as pliggie kan getuig dat ek wens dat ek my "hare meer los gemaak het" ... ge"let loose" het, as ek dit so kan stel... ek regret glad nie die hele tyd nie, ek wens net ek was meer daring gewees... dit klink vreeslik noudat ek dit lees... maar jy weet, sodat ek eendag AMAIZING stories vir my kinders kon vertel het, en nie net goed soos, Toe ek nog op skool was , was ek so pligsgetroud en het nooit klas gebank nie... en my huiswerk was altyd gedoen en opdatum."Hoe opwindend."
Ek sou rerig juicy stories wou kon gevertel het, al was dit net een of twee gewees...
Maar my bloed is pliggie+ en ek kan nie myself verander nie🤓 en ek sal ook nie wil nie... Hoërskool was 'n tyd vir my waar ek rerig hard gewerk het aan my punte en ek het altyd my beste gegee... Graad 11 was die "belangrikste jaar ooit" en dit het ons so baie gehoor asof die die belangrikste woorde ooit was...
Matriek was vir my nogals challenging gewees, akedemies gewys. Die skoolwerk was meer, moeiliker en standaarde was hoog maar ons het dit survive.
Skool vir my was 'n veilige vesting , ek het routine gehaad en ek was alles gewoond, en soos alle goeie goed het dit ook tot 'n einde gekom.
Na Hoërskool het ek Somatologie gaan studeer by Centurion Akedemie , ek het uiteindelik my roeping begin verstaan.
Daar het ek ook die Amaizingste mense ontmoet en ek weet hulle gaan vir altyd in my lewe wees. My lectore was ook rerig awesome gewees hulle het met elke student en myself regte bande gebou en was altyd daar om te luister, ons was net meisies in die klas gewees so praat sou ons praat😄. Ek het dit so baie geniet en hier in my einde van my eerste jaar het my muisneste begin broei... oooh seuns was moeilikheid.... hahaha en hormone nog meer😄🙈
Stay tuned ... en lees verder in my volgende blog 😋