Swaar dra vir 'n tydjie, maar nie vir altyd nie
Ek het gister afgeskop met 'n baie kort storie van hoe ek my laerskool dae beleef het, vandag wil ek delf in iets dieper.
My storie volg...
Ek is iemand wat jy rerig net met 'n glimlag sal sien... ALTYD, as jy my al gesien het waar ek op jou skouer gelê het vir troosting dan bedank ek jou daarvoor⚘.
Iets wat rerig 'n baie groot rol gespeel het in die manier hoe ek my lewe aangepak het toe ek in graad sewe was , was my selfvertroue.
Nou dink mens... watse persoon het nie al iets in hulle lewens oorgekom wat defenintief nie 'n knak in hulle selfvertroue gegee het nie?
Dit is my storie en dit het te doen gehad met my vel. Ek het in graad sewe begin sukkel met erge aknee. Dit het begin as net 'n puisie hier en daar ( noudat ek die woord getik het "puisie" dink ek net aan my een lector wat vir my facials gegee het gedurende my tersiêre studies wat my altyd gekorekteer het en gesê het...uummm wat is dit rerig in ons terme...papules of pustules , ek sal dit nooit kan vergeet nie.😄) Dit het net erger begin raak en het op my bors en rug ook voorgekom, dit was seer en gevoelig.
Ek het nog nie teveel van dit gedink nie en het gedink ... well dalk is my vel net vuil.Ek het my gesig al hoe meer begin was met seep, 3 tot 5 keer per dag.( Min weet ek toe 🙈, wat ek nou weet was dat dit NOOIT 'n goeie idee was nie.)
Dit het erger begin raak en ek het al hoe meer selfbewus gevoel, die feit dat ek dit gesien het op my eie gesig was nie erg genoeg nie, maar die kyke en konstante vrae van ander mense was ook nie genoeg gewees nie, ek het vrae gekry soos: Wat is op jou gesig? , Is dit seer?, Hoekom het jy dit op jou gesig?
Vrae wat ek self nie voor antwoorde gehad het nie...
Antwoorde wat ek gegee het was goed soos , nee dis nie so erg nie en dis alklaar besig om beter te word( het ek net geantwoord en het die onderwerp toe so gou as moontelik probeer verander.) Maar in my agter kop weet ek daai was nie die realiteit nie. Ek het in die aande by my male gaan sit op hulle bed en ek het gehuil, ek wou weet hoekom dit met my gebeur het, en hoekom word dit nie beter nie?
My ouers... julle my ouers... ek kan rerig nie vir beter ouers gevra het nie , dieselfde trane en woorde het elke aand uit my oë en mond gekom het en my ouers het my net omhels en getroos en gesê dit is nie so erg soos wat ek dink dit is nie, en alles gaan okay wees... God het 'n doel met alles. My male het daai tyd al het ons nie geld gehad vir sulke goed nie , het hulle plan gemaak en alles in hulle vermoë gedoen om allerande gesig produkte te kry vir my om te gebruik het( ek was bekend gewees met ALLES daai tyd op die mark). Ons het selfs elke "home remedy" op Google geprobeer. Hulle het en gaan nogsteeds altyd uit hulle pad uit vir my. Ek het ook baie goeie ondersteuning gekry by my vriendinne daai tyd.
Ek was nogsteeds positief na alles en het dieselfde ,elke dag in die kar oppad skool toe gesê vir myself : Charlize ,God het jou lief , jy is perfek net soos jy is en ek het ook vir Pappa God gevra dat hy my sal help om lelike woorde en kyke van mense te igroneer en dan het die skooldag so begin.
Die einde van my graad sewe jaar het toe aangebreek en my male het vir my en my broers gesê ons trek einde van die jaar Nelspruit toe...( My pa se werk het hom verplaas.)
My eerste reaksie was ek was baie hartseer om my vriendinne agter te laat .. maar 'n deel van my was ook opgewonde vir die nuwe ervaring, want dit beteken 'n nuwe omgewing ,huis, nuwe skool en nuwe maats, 'n skoon bladsy waar niemand my ken nie en waar ek kan oorbegin.
Voor die nuwe skool jaar begin het het my huis dokter daai tyd vir my Accutane voorgeskryf. Ek het dit gedrink en my vel het vir my baie mooi begin lyk... ek het rerig baie uitgesien en was baie optimisties vir die nuwe skoon bladsy wat hiervoor my gelê het.
Ek het skool gegaan by Hoërskool Bergvlam vir my graad agt jaar...
Ek het nog AMAIZING mense ontmoet , ek het aangegaan met my netbal , ek het met seuns begin praat( as ek vir myself 'n high five kon gegee het nou ,sou ek😄) , ek het ook vreeslik goed akedemies presteer( pliggie toe en pliggie nogsteeds😋🙈. )
Alles was so so goed en so so lekker...
Aan die einde van ons tweede kwartaal het ons 'n twee weke vakansie gehad.
My vel het net erger en erger begin word( dit was hier die ergste wat dit nog ooit was van tevore.)
Maar steeds het ek positief skool toe gegaan en myself probeer oortuig dat dit nie so erg is as wat ek dink dit is nie...
Daai oggend het ek my drie vriendinne gesien, ons het mekaar opgewonde gegroet en grappies gemaak soos altyd. Toe die skool klok gelui het moes ons almal aangemeld het in die vierkant en in klasvolgorde in rye gestaan het en gewag het vir ons name om van die klaslys afgemerk te geword het. Soos wat ek in die ry gestaan het het ek 'n vraag by 'n meisie in my klas gekry... sy het gevra of is ek okay , want dit lyk of my gesig gebrand was deur vuur , wat het gebeur?
Toe ek dit hoor kon ek nie myself gekeer het nie , ek het begin huil en het badkamer toe gehardloop, in die badkamer het ek huilend my male gebel om my te kom haal by die skool en hulle het. Daai selfde dag het hulle my weer dokter toe gevat en hy het my afgeboek vir twee weke sodat daar genoeg tyd was vir my vel om gesond te begin raak.
Ek het nogsteeds my skoolwerk van die huis afgedoen en het opdatum gebly met alles.
Daai tyd was my "selfesteem" so laag ek wou nie uit die huis gegaan het nie, ek wou nie mense in die gesig gekyk het nie, ek het selfs begin worstel in my geestelike lewe , want ek kon nie verstaan hoekom ek nie... Ek het myself weggesteek as ek dit so kan sê...
Na daai twee weke het my vel stadig maar seker beter begin raak. Ek het toe na dit weer trug gegaan skool toe en ek het probeer positief wees.
Ek het nie eenige confidence gehaad nie. Maar my geloof het weer reg gekom en ek het weer kaans gesien vir alles en almal.
Na dit alles weet ek dit het gebeur met 'n doel Al daai negatiewe woorde en gevoelens wat ek binne my gehad het het nie gewen nie... ek het toe al besef wat ek met my lewe wil doen in 'n opsigte.
Ek wil mense help om beter te kyk na hulle velle en om beter te voel oor hulle self.(Huidiglik in die jaar van 2020 praat ek as 'n gekwalifiseerde Somatoloog en het dit geslaag met Cumlaude... HOE EXCITING IS DIT NIE😱😁.) Meer trotser en geseënd kan ek nie wees nie. Pappa God het my lewens boek geskryf en ek is besig om dit bladsy vir bladsy te begin uitleef. Ek het nog altyd net die regte mense en hulle ondersteuning in my lewe gehaad, ek is alewig dankbaar vir elkeen van daai mense.
So hier is ek nou Charlize Smith, Kind van God , dogter, suster ,vriendin, iemand se meisie😁😱 en gekwalifiseerde Somatoloog👩🎓.
Ek wil net sê ons het almal ons eie hekkies waaroor ons moet spring en goed wat in die verlede gebeur het wat moeilik was, maar ek weet virseker dat God het 'n plan met alles ,jy is nie alleen nie, ons moet almal mekaar opbou inplaas van afbreek. Jy is nou "tools" gegee in jou figuurlike lewens "toolbox" en net jy kan iemand help met jou spesifieke "tools" wat jy gekry het.
Jy is spesiaal moenie dit vergeet nie. Dankie dat jy tot dusvêr my storie kom lees het...😁🌻❤
As ek net een persoon kan help besef dat alles okay gaan wees met my storie dan doen ek dit oor en oor en oor... 🤗
Wees net jy ,want jy is kosbaar🎀